Quantcast
Channel: Kouevuur
Viewing all articles
Browse latest Browse all 150

Lappieskombers

$
0
0

Kom luister saam VlamVy – want ek weet jy like hom ook ;-)

Lappieskombers

Jy verlam my met jou kyke

jou woorde en jou reuke

wat ruik soos lentebloeisels

wat weer na die Boland kom.

En ek plant jou in die Namib,

ek lei jou nat met soetwit

dan kyk ek dat jy opkom

in die glim van die môreson.

En ek bid jou vas in spierwit

wolke wat hier laag sit

om jou vir altyd veilig

in ‘n donskombers te hou.

 

Want jy’s die sout wat keer dat

ek sleg raak

Ja, jy’s die sif wat keer dat ek

wegraak

Ja, jy’s die hande wat bid,

jy’s die gom waaraan ek vassit.

Jy’s my lappieskombers in ‘n

koue wintersnag.

Ja, jy’s my lappieskombers in ‘n

koue wintersnag.

Jy’s my eerste potjie koffie,

my laaste sigaret

Jy’s die droom waaraan ek vasklou

as ek niks meer hier oor het.

Jy’s my storm in Augustus,

my kwaad doen se vergifnis,

die engel wat my oppas

as niemand by my wil staan.

Jy’s die laatmiddag son

wat nes skrop in my skoot

jy’s die laaste mens wat ek wil sien

op die dag van my dood.

En nog een van hom – baie hartseer song:


Filed under: Musiek

Viewing all articles
Browse latest Browse all 150

Latest Images