Gedagtes in die stort. Oor Facebook vriende, vreemdelinge en sommer net.
Ek sing nie in die stort nie. Ek dink. Nie omdat ek nie kan sing nie. Ek kan nogal. Van voor geboorte af is ek mos al aweregs. Toe ek kop eerste moes uitkom, draai ek my gatkant. Brugbaba, vertel my...
View Article27 Julie 1935
Dis jou eerste verjaarsdag weg. Jy sou vandag 84 geword het, Pa. Op jou 80ste verjaarsdag het jy vir ons ‘n gedig gelees waarin jy sê jy hoop om 90 te haal. Ons het nie vir ‘n oomblik getwyfel dat jy...
View ArticleWanneer vier aartappels een aartappel te veel is
Voor ek hierdie storie vertel, is daar iets wat julle moet hoor. En moet WEET. Ek skryf nie hierdie omdat ek wil vertel word hoe oulik en gaaf en nice en wat ookal ek is nie. Ek wil dit nie hoor nie....
View ArticleDie doring in my vlees, die klip in my skoen.
Ek het ‘n kleintjie dood aan snobisme. Maar dan bygesê, ek doen nie common mense nie. Common vir my is as jy jou vrou slaan in die straat en sy slaan jou terug en julle gil en skree. Of jy soep jou...
View ArticleD-dag
Dis ‘n paar ure na “lockdown” toe. The Age of Corona, het ek iewers gelees. Onwillekeuring wonder ek hoe sal ons oor ‘n paar jaar hierna terugkyk. En wie van ons sal die voorreg hê om te KAN terugkyk...
View ArticleHonderd-en-hoeveelste dag – vir my eie onthou.
Omdat ek die link na my blog vir iemand gegee het, kom lees ek toe bietjie self oor hoeveel van myself ek hier blootstel. En die laaste inskrywing laat my hart draai. Dis soms goed om nie die toekoms...
View ArticleALLE lewens maak saak. Ja, dit doen.
Toe ek destyds oor Hannah geskryf het hier, het ek nie gedink ek sal weer presies SO diep deur iets geraak kon word nie. Tot nou met die Hartswater moorde. My kop draai en draai om daardie drie mense...
View ArticleDie jaar van wanhoop en hoop
Vandag is die langste dag en kortste nag. In die Kaap gaan die son nou eers amper nege-uur onder. Dis die tyd van die jaar wat ek normaalweg in my element is. Sonskyn, lang dae, vrolike mense,...
View ArticleLiewe Pa
Vandag sou jy 86 geword het. Jou derde verjaarsdag wat ek jou nie meer kan bel en kan vra hoe oud is jy vandag nie. Soos jy my gewoonlik altyd met hanekraai op my verjaarsdag gebel het en gevra het en...
View ArticleSoos ‘n klippie in die water
Lily Louw Ek kry vanoggend hierdie boodskap om te modereer – (ek het baie, baie lanklaas hier geskryf) “Dit voel of ek hierdie blog Moes ontdek, 15 Julie 2021, 10 dae na my moeder se 52ste verjaardag,...
View Article